Welcome

Tuisblad

posduif

De Aar Posduifklub Fondsinsamelingspoging

De Aar Posduifklub gaan ‘n nuwe  Jongduif-wedvlugkompetisie hou, wat gevlieg sal word vanaf  Saterdag, 24 Januarie 2009 – Saterdag, 14 Februarie 2009.    Kuikens word  nou gebroei en gering in Augustus/September, met ringe wat gekoop word teen R100 stuk.    Wedvlugringetjies word deur De Aar Posduifklub beskikbaar gestel vanaf vandag, 8 Augustus 2008 – Saterdag 30 Augustus 2008.    Die kuikens sal in die hok van Willa Wessels geplaas word teen ‘n verdere koste van R100 per duif ( dit sluit in alle tosse, kos, basiese medikasie en elektroniese ring ).   Alle duiwe vlieg dus uit een hok wat u sal help om u duiwe se kwaliteit te kan meet.    ‘n Inskrywing beloop dus R200 per duif.    Indien u vyf duiwe inskryf, kry u ‘n 6de gratis inskrywing.   U betaal dus vir vyf maar kry ses ringetjies.  

Inname word vanaf Saterdag, 8 November 2008 tot en met Saterdag, 22 November 2008 gedoen.    Geen laat plasings sal toegelaat word nie.  Ons wil graag die duiwe “gehome” kry en vanaf  Maandag 1 Desember al liggies om die hok laat sirkel.      Geen reserwe duiwe word toegelaat nie.    Duiwe wat verlore raak is dus u verlies.    

Alhoewel ons alles in ons vermoë sal doen om al die duiwe net die beste behandeling te gee, kan ons nie waarborg dat u kuiken nie verlore sal raak nie.     U sal ons dus moet vrywaar teen enige vervolging van verliese van duiwe.    Ons glo dat die duiwe wat op Saterdag 14 Februarie 2009 gaan klaarmaak, beslis van die beste duiwe in die Unie gaan wees.   

Omdat dit baie warm is die tyd van die jaar wanneer die wedvugte plaasvind, sal duiwe om 07:00 in die oggend geoefen word en weer om 17:00 in die middag.     Medikasie sal toegedien word soos deur ons medikasiespan dit nodig sou ag.    Duiwe wat erg beseer of siek word, sal in die “hospitaal” geplaas word en u sal telefonies ingelig word oor hoe die duif op medikasie reageer.

Loslating op dag van wedvlug   Duiwe word gelos, 15 min na sonop, om duiwe kans te gee om die grootste gedeelte van vlug in die koelte van die dag te kan voltooi.    Ons het so besluit omdat die duifies nog baie jonk is.

Verwydering van duiwe:    Duiwe moet binne 7 dae na laaste wedvlug verwyder word.   Duiwe wat daarna nog nie verwyder is nie, sal verkoop of geskenk word aan klubs vir veilingdoeleindes ens. 

Totale Prysgelde vir die kompetisie is:   R10 000.00 Indien ons nog borge kan bekom, sal prysgelde dienoorenkomstig aangepas word.     Bogenoemde pryse sal slegs betaal kan word indien ons 100 ringetjies kan verkoop.

Wedvlug 1 Victoria-Wes 24 Januarie 2009 120Km

1ste plek

R500.00

 

2de plek

R250.00

 

3de plek

R100.00

Wedvlug 2 Drie Sisters 31 Januarie 2009 165km

1ste ple

R500.00

 

2de plek

R250.00

 

3de plek

R100.00

Wedvlug 3 Beaufort-Wes 7 Februarie 2009 235km

1ste plek

R750.00

 

2de plek

R350.00

 

3de plek

R150.00

Wedvlug 4 Leeu Gamka 14 Februarie 2009 Valentynsvlug 310km

1ste plek

R1000.00

 

2de plek

R500.00

 

3de plek

R100.00

Duif met beste tyd oor al 4 wedvlugte

1ste plek

R1000.00

 

2de plek

R500.00

 

3de pelk

R250.00

Totale prysgeld

 

R10000.00

Behandeling van duiwe: Duiwe sal voorkomend behandel word soos medikasiespan dit sou nodig vind.   Alle duiwe sal die naweek na inname sluit, gespuit word teen paramixo en ‘n kankerpilletjie ontvang.   Geen “boosters” sal gegee word  tydens of voor wedvlugte nie, duiwe gaan so natuurlik as moontlik aan wedvlugte deelneem.   Niemand mag aan die medikasiespan voorskryf wat om te doen nie    Hokke sal Maandae, Woensdae en Vrydae skoongemaak word.

 

Toeskouers:

 

Tydens eerste drie wedvlugte kan 40 persone per keer die geleentheid bywoon.   Bring asseblief u eie stoel.    Daar sal wel drinkgoed verkoop word.    Toegang R30 per persoon sluit ligte verversings in. (eetgoedjies)     Laaste wedvug kan teen R50 per persoon,  (slegs 40 persone ), bygewoon word.    Eie stoel en ons verskaf eetgoed..    Drinkgoed kan gekoop word.   Omdat duiwe baie senuagtig is as hulle van wedvlugte af terugkom,  sal u verstaan dat ons geen klein kindertjies kan toelaat nie.

 

Prysuitdeling:

Prysuitdeling 14 Februarie 2009 te De Aar  tydens ‘n Valentynsdans   Kaartjies R100 per persoon sluit driegang maaltyd  in met  CD ‘s en kunstenaars wat optree tydens dans ( Slegs beperkte plek beskikbaar ) 

 

Veiling tydens dans:  

U onderneem om, indien u duif die wenners is van een van die vier wedvlug of een van die drie duiwe is met die vinnigste tyd oor al vier vlugte, dat u die duif aan die De Aar Posduifklub sal skenk om die aand van die dans opgeveil te word.     Eienaar van duif kry 50% van prys behaal en die klub kry die res vir ons wedvlugfonds. Dit gee vir ons ‘n maksimum van 7 duiwe indien die beste duif nie een van die wenners is nie.

 

Verblyf:    Kan by die volgende gastehuise gereël word :

Potties Gastehuis      

De Aar Gastehuis 

Mike’s Gastehuis

Burgerville Gastehuis

Emthanjeni Lodge

De Langes Gastehuis

 

Ten slotte wil ek vir u die versekering gee dat u kuikens slegs die beste behandeling sal ontvang.  Ons sal weekliks ‘n verslag aan die klub sekretaris stuur waarin ons die duiwe se vordering sal bespreek.    Die De Aar posduifklub behou homself die reg toe om loslaatpunte na gelang van die weersomstandighede te skuif of om selfs die wedvlug af te stel.   ‘n Volgende vlug sal wel dan ingestel word.     Foute gaan ons maak, maar hierdie is vir ons ‘n eerste en ons wil dit graag ‘n jaarlikse instelling maak dus sal ons enige skriftelike insette waardeer.

 

Bank besonderhede  DE AAR POSDUIFKLUB, ABSA DE AAR  Bankkode 334308 en Rek no. 092 035 92786.   verwysing  JD HOK.     Fax asseblief u strokie deur na 053 6312404.

 

Vriendelike posduifgroete

 

[Tuis Blad] [Kontak Ons] [Gasteboek] [Uitslae]
Psend kept free because of these great sponsors.a..

Other Sponsors

electrical connectors, Mangosteen Juice, real estate short sale, Jupiter FL real estate,

Furniture Markdown

Great Deals on furniture - Free Shipping!
Discount Furniture
Daybeds
Metal Beds
Platform Beds
Futons

Y-Net Wireless Internet

Denver area high speed wireless privider.
Colorado High Speed Internet, Wireless Internet Denver, VOIP Denver CO, T1 provider Denver, Denver Wireless ISP , Denver Internet Access,

Dog House Technologies

Doghouse Techonologies is located in Tampa Bay FL and offer professional web design, ecommerce development and custom application design for the internet.
Tampa Bay Web Design, E-Commerce Web Design, Tampa Bay Search Engine Marketing, Tampa Web Hosting, Florida Web Design, Custom Application Development, Search Engine Optimization,